Skip to main content

Kom ons praat A-spanne.

 Kom ons praat A-spanne.

Foto & Kopiereg: EJ Langner
Eerste Spanne (Foto en Kopiereg: EJ Langner)


Sport is ‘n duiwel. Die telbord weerspieël nie altyd die passie waarmee daar gespeel is nie. Dit was die geval vir die o.18 A netbal- en hokkiespanne van Hoër Meisieskool en Paarl Gimnasium. Die twee skole se A-spanne het hulle harte op die veld/baan uitgespeel en alles vir hul spanne gegee. Die uitkomste in beide wedstryde was net van so aard dat mens ‘n tree moet teruggee en jou hoed afhaal vir die wenspan en sê: “Sjoe! Dit was nou goed gespeel.”


Renezia en Adri in aksie (foto: EJ LANGNER)
As ons begin met die o.18A netbalwedstryd (en julle moet verskoon hierdie is kommentaar van ‘n netbal-leek). Die reën het gewyk en ‘n skouspelagtige wedstryd kon gespeel word. In die eerste kwart van die wedstryd was dit ‘n redelike heen-en-weer besigheid met HMS wat ‘n doel inskiet en dan Paarl Gimnasium, maar aan die einde van die eerste kwart het die volgehoue druk van die HMS-span die damwal bietjie laat kraak en gelei tot 10-5 voorsprong. Ten spyte van verwoede verdediging in die volgende kwart kon Paarl Gimnasium net nie beheer oor die spel kry nie. Die HMS-span het mekaar goed geken en die bal het flink en sonder moeite van een na die ander beweeg. Renezia Andrews is ‘n speler wat jou laat glimlag, net omdat sy so lekker is om na kyk. Haar hande is soos kleefband, alles wat naby kom sit vas en sy mis net nie ‘n doel nie.

Afrigter: Marli Visagie (foto: EJ LANGNER)
  Renezia speel egter nie alleen nie en sonder haar spanmaats wat balle doel se kant toe voer, kan sy nie skitter nie. Haar kaptein, Adri Carstens, het baie goed gespeel en gelei uit die middel. Ons sê baie geluk aan Andrea Beyers wat die prys as speler van die wedstryd toegeken is. Ek is seker hulle afrigter, Marli Visagie is baie trots op hulle. Die een ding wat uitgestaan het van die HMS span is die goeie verhouding tussen mekaar. Een van die toeskouers het opgemerk dat die HMS-spelers baie vriendelik en erkentelik is teenoor mekaar.

HMS Paarl het die die wedstryd met 38-18 gewen. Dit was ‘n skouspelagtige wedstryd en ‘n welverdiende oorwinning. Ek is seker dat Paarl Gimnasium hartseer is oor hulle verloor, maar tog weet dat dit nie ‘n verloor sonder eer was nie. Hulle het baie hard gespeel, maar was net getroef op die dag.

Zanke wat haar span uitlei (foto: EJ LANGNER)

Die bordjies is egter verhang in die hokkie. Die HMS o.18A hokkiespan het hard gespeel en goed verdedig. Die span van Paarl Gimnasium is egter net te sterk op die bal en dit het soms gelyk asof hulle met die bal op die stok onkeerbaar is. Hulle het besonder begaafde voorspelers wat vinnig, flink en doeltreffend is. HMS het terugbaklei. Kelli MacMahon se uitstekende verdedigende spel het uitgestaan en Lericha Craven het haar plek ‘n die doelhok volgestaan. Daar was mooi aanvallende bewegings van HMS, maar hulle kon nie daarop kapitaliseer nie.  Paarl Gimnasium was dodelik in die kleinhoekies en dit was ook met die hoekies wat hulle meeste van hulle doele aangeteken het. Die eindtelling was 0-5 vir Paarl Gimnasium. Baie geluk Paarl Gimnasium.

Cassie speel sterk (foto: EJ LANGNER)

Daar kan nie weggestap word van hierdie interskole en nie die spanne geluk wens met hulle durf en determinasie nie. Ons o.18 A hokkiespan het hul alles gegee vir hulle kaptein, Zanke Nell, wat weens ‘n erge besering in ‘n oefening nie die wedstryd kon saamspeel nie. Die span het haar nommer, sewentien, op hulle arms geskryf en haar in hulle harte gedra. Dit was baie mooi om te sien dat vir Zanke haar span die belangrikste is en sy steeds hulle help opwarm het en ondersteun het. Dit is hierdie hardroerende stories van saamstaan en volharding wat interskole spesiaal maak.

So kom ons dan aan die einde van Interskole 2022. Dit was omtrent ‘n aksie belaaide week met wenne en verlore aan albei kante. Vir die spelers was dit ‘n goeie kans om te leer hoe om te wen of hoe om te verloor. Vir die toeskouers was dit ‘n fees, want die vernuf, die spoed en die determinasie waarmee die spelers gespeel het, het gesorg vir naelbyt vertonings. Die kosbaarste herinnering aan Interskole 2022 sal egter die goeie gees, sportmanskap en dankbaarheid wees wat alom voelbaar was. 

Kelli aan die verdedig (foto: EJ LANGNER)




Comments

Popular posts from this blog

C for Concentration, Courage & Commitment!

  C for Concentration, Courage & Commitment! Paarl, 28 July 2022 By Jacqueline Swart   The u/18C girls hockey match caused many stomachs to turn on the pavilion. Students from both schools came to support their friends with flags, posters, and cheer.  Both teams were strong and challenged each other. Paarl Gim scored the first goal, and had the ball for the most of the first half, but Paarl Girls’ High came back strong in the second half. When the score read 3-1 with only a few minutes left Girls’ High was confident that we would win, but Paarl Gim had strong players who persevered and they scored a second goal.  One minute left. 3-2. Paarl Gim gets an attacking short corner. Everyone is quiet… the audience watch quietly in anticipation… It is the dying moments of the match. Gimnasium pushed the ball out to the castle. A to and fro followed in the circle, finally Girls High managed to pass the ball out of the circle into the dead zone. Time has run out. As i...

Interskole 2022: Herleef en Herinterpreteer

Interskole 2022: Herleef & Herinterpreteer… Die Interskole 2022 week vir Hoër Meisieskool nader die einde. Gister was ‘n heerlike dag wat begin het met ‘n BigBrag, voortgesit is met aksie-belaaide netbal en hokkie en geëindig het met ‘n heerlike ouer bring-en-braai. Aan die einde van hierdie besondere dag wou ek graag iets skryf oor die erfenis van interskole en HMS Paarl se deelname daaraan. Ek wou iets skryf oor hoe ons, ons ryke tradisie laat herleef het. Ek het begin navorsing doen. Ek wou meer weet oor HMS se eerste wedstryde en deelname aan interskole. Ons praat baie van die die ryke tradisie en al die herinneringe, maar oor die algemeen weet ons nie veel daaroor nie. Die resultate wat vassteek is ook net die van die HJS/ Gim wedstryde. As jy terugdink sou jy jouself kon flous dat Interskole slegs tussen HJS en Gimnasium plaasvind. Hierdie idee word versterk deur die media. Soek jy inligting op die internet ongeag jou soekwoorde, is die resultaat eenvormig dat Interskole gaan...