Skip to main content

Interskole 2022: Herleef en Herinterpreteer


Interskole 2022: Herleef & Herinterpreteer…


Die Interskole 2022 week vir Hoër Meisieskool nader die einde. Gister was ‘n heerlike dag wat begin het met ‘n BigBrag, voortgesit is met aksie-belaaide netbal en hokkie en geëindig het met ‘n heerlike ouer bring-en-braai. Aan die einde van hierdie besondere dag wou ek graag iets skryf oor die erfenis van interskole en HMS Paarl se deelname daaraan. Ek wou iets skryf oor hoe ons, ons ryke tradisie laat herleef het.


Ek het begin navorsing doen. Ek wou meer weet oor HMS se eerste wedstryde en deelname aan interskole. Ons praat baie van die die ryke tradisie en al die herinneringe, maar oor die algemeen weet ons nie veel daaroor nie. Die resultate wat vassteek is ook net die van die HJS/ Gim wedstryde. As jy terugdink sou jy jouself kon flous dat Interskole slegs tussen HJS en Gimnasium plaasvind. Hierdie idee word versterk deur die media. Soek jy inligting op die internet ongeag jou soekwoorde, is die resultaat eenvormig dat Interskole gaan oor die rugby wedstryd op Faure stadion die Saterdagmiddag..


Volgens media berigte het interskole tussen HJS Paarl en Paarl Gimnasium (Seunskool) al in 1915 begin, maar nie in sy huidige formaat nie. Spanne het bestaan uit onderwysers, old boys en leerders en eers van 1929 het die fokus verskuif na wedstryde wat slegs deur leerders gespeel word. Wel, wat van Hoër Meisieskool,vra julle? Teen wie het hulle interskole gespeel? Ons almal weet dat Paarl Gimnasium tot en met 1964 slegs ‘n seunskool was en minder bekend het HMS tot en met dan eintlik teen La Rochelle meegeding en ander skole in die Wes-Kaap. 


HMS het in vervloë dae gespog met formidabelle basketbalspanne. As mens die jaarblaaie van 1918 en 1920 raadpleeg leer ons van hul oorwinnings in die Wes-Kaapse toernooie. Hoe Hoër Meisieskool eintlik verklaar is as die susterskool van HJS, blyk 'n studie op sy eie te wees.

Natuurlik in ‘n manlik gedomineerde wêreld is daar minder ag geslaan op die meisieskole se prestasies. ‘n Mens kan dus seker nie die gemeenskap kwalik neem dat hulle die geleentheid hoofsaaklik met die seunskole se epiese rugby wedstryd assosieer nie. Dit is egter amper vyftig jaar gelede wat HMS teen die vroulike been van Paarl Gimnasium begin meeding het, en as ek daaraan dink, Betty Friedan haar boek Feminine Mystique geskryf het. Om die waarheid te sê vroue word al meer as ‘n honderd jaar toegelaat om te stem, maar nie toegelaat om die vaandel van interskole te dra nie. Hulle deelname word onder ‘n sluier bedek.


Hierdie gefluister oor wie HJS se susterskool in interskole is, sal net wyk as ons, ons plek voltstaan. Dit is dus gepas dat Hoër Meisieskool Paarl vanjaar as gasskool ‘n herlewing tot die interskole tradisie bring met die waardes van SINERGIE, MOED, VRIENDELIKHEID EN DANKBAARHEID. HMS Paarl is ook vanjaar 146 jaar oud en volgens ons die pêrel van die Paarl. Haar akkerbome vertel stories van menigte netbal- en tenniswedstryde wat voor dit plaasgevind het en dit vertel stories van interskoles wat in eie reg gewen en verloor is. 


Dit voel vir my asof ons meisies vanjaar na die drie jaar van afwesigheid van die interskole, die geleentheid vir hulself toe-eien. Hulle het in getalle bymekaar gekom en die strate in hulle kleure versier. Hulle het van skaak tot netbal met trots ondersteun. Vir ons maak dit nie saak of jy F-span of A-span is nie, want as jy deelneem dra jy jou skool op jou hart. Ons het ook ons eie Interskole dansers gehad wat ons onderskeie interskole sportdae geopen het. Ja, vanjaar staan die HMS-leerders van 2022 hul plek by Interskole vol!


Interskole 2022 is ‘n geleentheid om ‘n ou tradisie te laat herleef, maar ook daaraan nuwe inhoud te gee en die pendellum te laat swaai na ‘n geleentheid waar goeie waardes en gelykheid seëvier. 


Lank lewe Hoër Meisieskool en mag jou naam tydens Interskole hoog gehou word vanjaar en in die toekoms!



 

Comments

Popular posts from this blog

C for Concentration, Courage & Commitment!

  C for Concentration, Courage & Commitment! Paarl, 28 July 2022 By Jacqueline Swart   The u/18C girls hockey match caused many stomachs to turn on the pavilion. Students from both schools came to support their friends with flags, posters, and cheer.  Both teams were strong and challenged each other. Paarl Gim scored the first goal, and had the ball for the most of the first half, but Paarl Girls’ High came back strong in the second half. When the score read 3-1 with only a few minutes left Girls’ High was confident that we would win, but Paarl Gim had strong players who persevered and they scored a second goal.  One minute left. 3-2. Paarl Gim gets an attacking short corner. Everyone is quiet… the audience watch quietly in anticipation… It is the dying moments of the match. Gimnasium pushed the ball out to the castle. A to and fro followed in the circle, finally Girls High managed to pass the ball out of the circle into the dead zone. Time has run out. As i...

Kom ons praat A-spanne.

  Kom ons praat A-spanne. Eerste Spanne (Foto en Kopiereg: EJ Langner) Sport is ‘n duiwel. Die telbord weerspieël nie altyd die passie waarmee daar gespeel is nie. Dit was die geval vir die o.18 A netbal- en hokkiespanne van Hoër Meisieskool en Paarl Gimnasium. Die twee skole se A-spanne het hulle harte op die veld/baan uitgespeel en alles vir hul spanne gegee. Die uitkomste in beide wedstryde was net van so aard dat mens ‘n tree moet teruggee en jou hoed afhaal vir die wenspan en sê: “Sjoe! Dit was nou goed gespeel.” Renezia en Adri in aksie (foto: EJ LANGNER) As ons begin met die o.18A netbalwedstryd (en julle moet verskoon hierdie is kommentaar van ‘n netbal-leek). Die reën het gewyk en ‘n skouspelagtige wedstryd kon gespeel word. In die eerste kwart van die wedstryd was dit ‘n redelike heen-en-weer besigheid met HMS wat ‘n doel inskiet en dan Paarl Gimnasium, maar aan die einde van die eerste kwart het die volgehoue druk van die HMS-span die damwal bietjie laat kraak en gelei t...