Skip to main content

Die Laerskool Big Brag: 'n super-spog geleentheid

 


Die Laerskool Big Brag: 'n super-spog geleentheid van geesvang en saamstaan.

Paarl, 25 Julie 2022

“Gimmies! Julle beter oppas ons is reg vir julle,” was, sou mens kon sê, die algemene boodskap wat die meisie by die Laerskool Big Brag aan hul opponente wou uitstuur. Maar eintlik was dit ‘n kans om luidkeels te sê: Ons sien uit om deel te neem!

Ek is oortuig dat in heel wat huishoudings regoor Paarl moes mammas gisteraand die sportklere mooi opvou en regsit, die hare seker vanoggend moes vleg en die nautilus tatoe versigtig op die regterwang aanbring, alles vir Interskole BigBrag. 

Vandag se super-spog geleentheid is baie keurig gelei. Die onderskeie hokkie- en netbal spanne is aan die skool voorgestel . Sommige van die kapteine se knieë het so bietjie gebewe om voor ‘n hele saal te praat. Hulle is egter vinnig deur hul spanmaats reggehelp, veral as hulle nie kon onthou wat daardie posisie se naam nou weer in ‘n ander taal is nie.

Die oomblikkies van menslikheid het al wat ‘n ma se hart laat vermurwe. Daar is darem niks soos om vir ‘n kleintjie te kyk wat nie eens ‘n paar bakstene hoog is nie, wat haar spanmaats voorstel. En dan as sy soos ‘n klein “Smurfie” haar opponente uitdaag om haar innerlike krag te kom toets - te kostelik!

Soos ‘n ma vanoggend vertel het, is hierdie geleentheid ‘n “magic” oomblik vir die dogters. Die boodskappies van bemoediging van die skoolhoof, Mev. Van Zyl, en die o.18A Netbal-kapteine, Adri Carstens het baie vir hulle beteken. ‘n Graad vier dogtertjie het prontuit erken dat sy nooit geweet het hoe sportief en mooi Adri is nie. Sy speel glo al wat is sport is en surf sommer ook. Duidelik is die laerskool leerders aangemoedig om die oomblik, deelname en sport oor die algemeen te geniet vir dit wat dit is - PRET!

Vir die dogters was daar ook rede om te oe-en-aa toe die jong manne van Primêre Seunskool ook by die geleentheid opgedaag het om hul beste wense aan ons spelers oor te dra. Die seuns het aan elke lid van die o.13 A Netbal- en Hokkie-spanne ‘n roos oorhandig. Dit was baie sensitief en galant.

Natuurlik, wat sou Interskole en Big Brag wees sonder geesvang. En daar ís gees gevang by die Big Brag vanoggend: “A-le-a-le-a-le! Put your hands up in the air.”

Die middag se aktiwiteite het hul eie geheimnisse. Sal ons wen? Sal ons verloor? Wie weet? Ons weet wel dat vanoggend in die saal het ons saamgestaan en was ons trots. Ons het hande gevat, gesing en onderneem om in die res van die week die beste weergawe van onsself te wees.


Comments

Popular posts from this blog

Interschools favours the underdog!

  Interschools favours the underdog! Paarl, 27 July 2022 By Courtney Hendriks The u/14D hockey team could not, when they did their routine warm-up, have suspected that the gods would smile on them as they did. But… they could have suspected something special was heading their way when the GHS dancers walked on the Astro to open the days events. Boy! Did they heat up the floor being the symbol of teamwork and synchronization.  Our Grade 8s, reciprocated and made us so proud today! They showed strength and perseverance. One could feel the passion and excitement on the field this afternoon. Those who were not playing were cheering their friends on, loud and proud they sang on the pavilions without any GK to lead them or anyone asking. They did it because they wanted to, not because they had to.  The team played against Paarl Gimnasium's u/14 C team and showed that they truly don't back down from a challenge. They were told to “play together” and they sure did. Within the las...

Why do we fall, Master Bruce?

  Why do we fall, Master Bruce? ‘n Verhaal van teen die planke wees en met mag en mening terug te baklei. “Why do we fall, Master Bruce?” is die vraag wat die dienskneg, Alfred Pennyworth, vir Bruce Wayne (alias Batman) vra as hy vir die soveelste keer val. Dit is ook sekerlik die vraag wat van die o.13A hokkiespelertjies vanaand vra, soos hulle lywe en hul harte seer is.  Vanaand se o.13A hokkie wedstryd was ‘n titaniese stryd. Die eindtelling van 0-5 weerspieël nie die harde werk van die dogters nie. Daar is nie doekies om te draai nie, die span van Gimnasium was ‘n besondere sterk en gedetermineerde span. Hulle het gekom om te wen.  Hulle het egter nie gereken op die hardnekkig weerstand en verdediging wat ons o.13 A-span geopenbaar het nie. Gimnasium se middelveld-spelers het van die begin af druk op ons geplaas. As toeskouer het jy daar gesit en naels gebyt. Het mens dit nie al so baie vantevore in sulke hoё druk wedstryde gesien nie? As sulke gedetermineerde speler...

Don’t act like you forgot the interschools dancers!

  Don’t act like you forgot the interschools dancers! Paarl, 28 July 2022 By Jacqueline Swart Waking up every morning at six to practice, my legs being stiff, and having to exercise more than I have in the past 5 months was definitely a challenge but it was all worth it when I would hear the music start.  When we performed on Wednesday many of the dancers were nervous, not wanting to disappoint our fellow girls’ highers. Their hearts, alongside mine, were beating fast but as soon as the music started our heartbeats fell into the rhythm of the dance beats.  Despite the dance performance being a smaller event than it was at Prestige, the two experiences were tied together with the fact that it was an absolute privilege. A privilege to dance in front of our friends, family, classmates and school. A privilege to be able to run to your friends after you performed. A privilege to be the first group to ever dance at interschools. A privilege to wear the white, blue and jade colo...