Skip to main content

Die Laerskool Big Brag: 'n super-spog geleentheid

 


Die Laerskool Big Brag: 'n super-spog geleentheid van geesvang en saamstaan.

Paarl, 25 Julie 2022

“Gimmies! Julle beter oppas ons is reg vir julle,” was, sou mens kon sê, die algemene boodskap wat die meisie by die Laerskool Big Brag aan hul opponente wou uitstuur. Maar eintlik was dit ‘n kans om luidkeels te sê: Ons sien uit om deel te neem!

Ek is oortuig dat in heel wat huishoudings regoor Paarl moes mammas gisteraand die sportklere mooi opvou en regsit, die hare seker vanoggend moes vleg en die nautilus tatoe versigtig op die regterwang aanbring, alles vir Interskole BigBrag. 

Vandag se super-spog geleentheid is baie keurig gelei. Die onderskeie hokkie- en netbal spanne is aan die skool voorgestel . Sommige van die kapteine se knieë het so bietjie gebewe om voor ‘n hele saal te praat. Hulle is egter vinnig deur hul spanmaats reggehelp, veral as hulle nie kon onthou wat daardie posisie se naam nou weer in ‘n ander taal is nie.

Die oomblikkies van menslikheid het al wat ‘n ma se hart laat vermurwe. Daar is darem niks soos om vir ‘n kleintjie te kyk wat nie eens ‘n paar bakstene hoog is nie, wat haar spanmaats voorstel. En dan as sy soos ‘n klein “Smurfie” haar opponente uitdaag om haar innerlike krag te kom toets - te kostelik!

Soos ‘n ma vanoggend vertel het, is hierdie geleentheid ‘n “magic” oomblik vir die dogters. Die boodskappies van bemoediging van die skoolhoof, Mev. Van Zyl, en die o.18A Netbal-kapteine, Adri Carstens het baie vir hulle beteken. ‘n Graad vier dogtertjie het prontuit erken dat sy nooit geweet het hoe sportief en mooi Adri is nie. Sy speel glo al wat is sport is en surf sommer ook. Duidelik is die laerskool leerders aangemoedig om die oomblik, deelname en sport oor die algemeen te geniet vir dit wat dit is - PRET!

Vir die dogters was daar ook rede om te oe-en-aa toe die jong manne van Primêre Seunskool ook by die geleentheid opgedaag het om hul beste wense aan ons spelers oor te dra. Die seuns het aan elke lid van die o.13 A Netbal- en Hokkie-spanne ‘n roos oorhandig. Dit was baie sensitief en galant.

Natuurlik, wat sou Interskole en Big Brag wees sonder geesvang. En daar ís gees gevang by die Big Brag vanoggend: “A-le-a-le-a-le! Put your hands up in the air.”

Die middag se aktiwiteite het hul eie geheimnisse. Sal ons wen? Sal ons verloor? Wie weet? Ons weet wel dat vanoggend in die saal het ons saamgestaan en was ons trots. Ons het hande gevat, gesing en onderneem om in die res van die week die beste weergawe van onsself te wees.


Comments

Popular posts from this blog

C for Concentration, Courage & Commitment!

  C for Concentration, Courage & Commitment! Paarl, 28 July 2022 By Jacqueline Swart   The u/18C girls hockey match caused many stomachs to turn on the pavilion. Students from both schools came to support their friends with flags, posters, and cheer.  Both teams were strong and challenged each other. Paarl Gim scored the first goal, and had the ball for the most of the first half, but Paarl Girls’ High came back strong in the second half. When the score read 3-1 with only a few minutes left Girls’ High was confident that we would win, but Paarl Gim had strong players who persevered and they scored a second goal.  One minute left. 3-2. Paarl Gim gets an attacking short corner. Everyone is quiet… the audience watch quietly in anticipation… It is the dying moments of the match. Gimnasium pushed the ball out to the castle. A to and fro followed in the circle, finally Girls High managed to pass the ball out of the circle into the dead zone. Time has run out. As i...

Interskole 2022: Herleef en Herinterpreteer

Interskole 2022: Herleef & Herinterpreteer… Die Interskole 2022 week vir Hoër Meisieskool nader die einde. Gister was ‘n heerlike dag wat begin het met ‘n BigBrag, voortgesit is met aksie-belaaide netbal en hokkie en geëindig het met ‘n heerlike ouer bring-en-braai. Aan die einde van hierdie besondere dag wou ek graag iets skryf oor die erfenis van interskole en HMS Paarl se deelname daaraan. Ek wou iets skryf oor hoe ons, ons ryke tradisie laat herleef het. Ek het begin navorsing doen. Ek wou meer weet oor HMS se eerste wedstryde en deelname aan interskole. Ons praat baie van die die ryke tradisie en al die herinneringe, maar oor die algemeen weet ons nie veel daaroor nie. Die resultate wat vassteek is ook net die van die HJS/ Gim wedstryde. As jy terugdink sou jy jouself kon flous dat Interskole slegs tussen HJS en Gimnasium plaasvind. Hierdie idee word versterk deur die media. Soek jy inligting op die internet ongeag jou soekwoorde, is die resultaat eenvormig dat Interskole gaan...

Kom ons praat A-spanne.

  Kom ons praat A-spanne. Eerste Spanne (Foto en Kopiereg: EJ Langner) Sport is ‘n duiwel. Die telbord weerspieël nie altyd die passie waarmee daar gespeel is nie. Dit was die geval vir die o.18 A netbal- en hokkiespanne van Hoër Meisieskool en Paarl Gimnasium. Die twee skole se A-spanne het hulle harte op die veld/baan uitgespeel en alles vir hul spanne gegee. Die uitkomste in beide wedstryde was net van so aard dat mens ‘n tree moet teruggee en jou hoed afhaal vir die wenspan en sê: “Sjoe! Dit was nou goed gespeel.” Renezia en Adri in aksie (foto: EJ LANGNER) As ons begin met die o.18A netbalwedstryd (en julle moet verskoon hierdie is kommentaar van ‘n netbal-leek). Die reën het gewyk en ‘n skouspelagtige wedstryd kon gespeel word. In die eerste kwart van die wedstryd was dit ‘n redelike heen-en-weer besigheid met HMS wat ‘n doel inskiet en dan Paarl Gimnasium, maar aan die einde van die eerste kwart het die volgehoue druk van die HMS-span die damwal bietjie laat kraak en gelei t...