Skip to main content

Why do we fall, Master Bruce?

 

Why do we fall, Master Bruce?
‘n Verhaal van teen die planke wees en met mag en mening terug te baklei.


“Why do we fall, Master Bruce?” is die vraag wat die dienskneg, Alfred Pennyworth, vir Bruce Wayne (alias Batman) vra as hy vir die soveelste keer val. Dit is ook sekerlik die vraag wat van die o.13A hokkiespelertjies vanaand vra, soos hulle lywe en hul harte seer is. 

Vanaand se o.13A hokkie wedstryd was ‘n titaniese stryd. Die eindtelling van 0-5 weerspieël nie die harde werk van die dogters nie. Daar is nie doekies om te draai nie, die span van Gimnasium was ‘n besondere sterk en gedetermineerde span. Hulle het gekom om te wen. 

Hulle het egter nie gereken op die hardnekkig weerstand en verdediging wat ons o.13 A-span geopenbaar het nie. Gimnasium se middelveld-spelers het van die begin af druk op ons geplaas. As toeskouer het jy daar gesit en naels gebyt. Het mens dit nie al so baie vantevore in sulke hoё druk wedstryde gesien nie? As sulke gedetermineerde spelers eers ‘n paar doele kry, vou hulle opposisie net onder die druk. Dit was nie die geval met ons o.13’s nie. Ja, hulle het die houe gevat, maar hulle het terugbaklei en soveel hart en karakter getoon. Ons verdediging en doelwagter het vasgebyt en dit nie maklik  vir die Gimmies gemaak om doele te kry nie. 

Aan die einde van die wedstryd was ek trots om myself agter die HMS-kamp te skaar. Daar is baie maniere van wen en nie elke oorwinning kan op ‘n telbord gemeet word nie. Soms is die moeilikste oorwinnings daardie oorwinnings wat jy oor jouself behaal. As jy aanhou as jou longe brand, as jy jouself dwing om terug te val, as jy keer wanneer ander dink dit is ‘n hopelose saak en as jy net nooit opgee nie, dan is jy ‘n wenner. Dít was HMS o13A hokkiespan!


Ja, as Bruce Wayne daar op die grond lê, gee Pennyworth hom ook sy “penny’s worth” en sê: “We fall, Master Bruce, so we can learn to pick ourselves up!”


Welgedaan o13’s, vir nooit opgee nie!




Comments

Popular posts from this blog

C for Concentration, Courage & Commitment!

  C for Concentration, Courage & Commitment! Paarl, 28 July 2022 By Jacqueline Swart   The u/18C girls hockey match caused many stomachs to turn on the pavilion. Students from both schools came to support their friends with flags, posters, and cheer.  Both teams were strong and challenged each other. Paarl Gim scored the first goal, and had the ball for the most of the first half, but Paarl Girls’ High came back strong in the second half. When the score read 3-1 with only a few minutes left Girls’ High was confident that we would win, but Paarl Gim had strong players who persevered and they scored a second goal.  One minute left. 3-2. Paarl Gim gets an attacking short corner. Everyone is quiet… the audience watch quietly in anticipation… It is the dying moments of the match. Gimnasium pushed the ball out to the castle. A to and fro followed in the circle, finally Girls High managed to pass the ball out of the circle into the dead zone. Time has run out. As i...

Interskole 2022: Herleef en Herinterpreteer

Interskole 2022: Herleef & Herinterpreteer… Die Interskole 2022 week vir Hoër Meisieskool nader die einde. Gister was ‘n heerlike dag wat begin het met ‘n BigBrag, voortgesit is met aksie-belaaide netbal en hokkie en geëindig het met ‘n heerlike ouer bring-en-braai. Aan die einde van hierdie besondere dag wou ek graag iets skryf oor die erfenis van interskole en HMS Paarl se deelname daaraan. Ek wou iets skryf oor hoe ons, ons ryke tradisie laat herleef het. Ek het begin navorsing doen. Ek wou meer weet oor HMS se eerste wedstryde en deelname aan interskole. Ons praat baie van die die ryke tradisie en al die herinneringe, maar oor die algemeen weet ons nie veel daaroor nie. Die resultate wat vassteek is ook net die van die HJS/ Gim wedstryde. As jy terugdink sou jy jouself kon flous dat Interskole slegs tussen HJS en Gimnasium plaasvind. Hierdie idee word versterk deur die media. Soek jy inligting op die internet ongeag jou soekwoorde, is die resultaat eenvormig dat Interskole gaan...

Meet our First Teams

  Meet our First teams By Simone Steyn  The interschools between Girls’ High and Paarl Gimnasium is one of the biggest interschools in the country. The teams perform under unimaginable pressures but yet still come out with victories, this is a direct result of the great leadership the teams have. Our first team netball had a rock solid season so far and is led by Adri Carstens in grade 12. The Hockey team made the school extremely proud with their achievements in the Cape town international tournament, they are led by Zanke Nell in grade 12. Adri says she is excited for when her team jogs on to the court. She knows that if they see all the support from their families and friends, the nerves settle right down. The team has grown tremendously and went through many ups and downs together which ultimately adds to their bond. Our Girls’ High netball team is well prepared because they are physically and mentally well-prepared. Her biggest wish is that at the end of the game the tea...