Skip to main content

Die volgende skuif is julle s'n...

 Die volgende skuif is julle s'n...

Ons Laerskool het Vrydag, 22 Julie, uitgehaal en gewys. Hulle gees en entoesiasme vir die Interskole skaak kon nie weggesteek word nie. Hulle het Gimnasium ingelei tot die  Girls' High manier van dinge doen toe hulle hul met selfs koninginne verwelkom het. Dit is die eerste keer in 'n hele aantal jare wat Girls' High weer die laerskool interskole skaak aangebied het en ons het dit met styl gedoen.



Dit was grotendeels vir ons spelers 'n kans om te groei en ontwikkel in hul skaak vernuf. Die A-span het gelykop gespeel met drie wenne elk, maar ons B-span het ongelukkig verloor. Ag, natuurlik as jy nog klein is en vir jou opponent  oor 'n swart-en-wit bord moet loer, voel jy geïntimideerd en bang dat jy sal verloor. As dit wel gebeur is jou hartjie, maar so bietjie seer. Gelukkig is troos naby in die drukkies van 'n maatjie of Mevrou Van Zyl wat haar oor al haar kinders ontferm.

Wen of verloor, sê Mevrou Annalize Strangfeld is sy baie trots op haar spelertjies. Hoewel sommige hulle wedstrydjies verloor het, het hulle hul opponente deurgaans deur die wedstryde aan die dink gehou. Sy voel haar spelers het baie ontwikkel en is goed oppad om iewers in die toekoms 'n uithaler spannetjie te word.  

Agter: Emma Laurence, Kristen Steenkamp, Grace Hugo (kaptein)
Tweede ry: Janke Jansen van Rensburg, Olivia Hudson, Emma van der Merwe, Claire Thorpe
Voor: Roos-Maryn la Grange, Lienke Dreyer, Lika Els, Karolien Swart
(nie in die foto nie Nicole Steenkamp) 





Comments

Popular posts from this blog

C for Concentration, Courage & Commitment!

  C for Concentration, Courage & Commitment! Paarl, 28 July 2022 By Jacqueline Swart   The u/18C girls hockey match caused many stomachs to turn on the pavilion. Students from both schools came to support their friends with flags, posters, and cheer.  Both teams were strong and challenged each other. Paarl Gim scored the first goal, and had the ball for the most of the first half, but Paarl Girls’ High came back strong in the second half. When the score read 3-1 with only a few minutes left Girls’ High was confident that we would win, but Paarl Gim had strong players who persevered and they scored a second goal.  One minute left. 3-2. Paarl Gim gets an attacking short corner. Everyone is quiet… the audience watch quietly in anticipation… It is the dying moments of the match. Gimnasium pushed the ball out to the castle. A to and fro followed in the circle, finally Girls High managed to pass the ball out of the circle into the dead zone. Time has run out. As i...

Interskole 2022: Herleef en Herinterpreteer

Interskole 2022: Herleef & Herinterpreteer… Die Interskole 2022 week vir Hoër Meisieskool nader die einde. Gister was ‘n heerlike dag wat begin het met ‘n BigBrag, voortgesit is met aksie-belaaide netbal en hokkie en geëindig het met ‘n heerlike ouer bring-en-braai. Aan die einde van hierdie besondere dag wou ek graag iets skryf oor die erfenis van interskole en HMS Paarl se deelname daaraan. Ek wou iets skryf oor hoe ons, ons ryke tradisie laat herleef het. Ek het begin navorsing doen. Ek wou meer weet oor HMS se eerste wedstryde en deelname aan interskole. Ons praat baie van die die ryke tradisie en al die herinneringe, maar oor die algemeen weet ons nie veel daaroor nie. Die resultate wat vassteek is ook net die van die HJS/ Gim wedstryde. As jy terugdink sou jy jouself kon flous dat Interskole slegs tussen HJS en Gimnasium plaasvind. Hierdie idee word versterk deur die media. Soek jy inligting op die internet ongeag jou soekwoorde, is die resultaat eenvormig dat Interskole gaan...

Meet our First Teams

  Meet our First teams By Simone Steyn  The interschools between Girls’ High and Paarl Gimnasium is one of the biggest interschools in the country. The teams perform under unimaginable pressures but yet still come out with victories, this is a direct result of the great leadership the teams have. Our first team netball had a rock solid season so far and is led by Adri Carstens in grade 12. The Hockey team made the school extremely proud with their achievements in the Cape town international tournament, they are led by Zanke Nell in grade 12. Adri says she is excited for when her team jogs on to the court. She knows that if they see all the support from their families and friends, the nerves settle right down. The team has grown tremendously and went through many ups and downs together which ultimately adds to their bond. Our Girls’ High netball team is well prepared because they are physically and mentally well-prepared. Her biggest wish is that at the end of the game the tea...