Skip to main content

Massabank: Sal jy gly of sal jy bly?

 Massabank: Sal jy gly of sal jy bly?

Ek het ‘n informant op voetsoolvlak gevra oor wat gister bo by die Astro gebeur het. Ek het niks vermoedend na my klas gestap en ‘n klas daar verwag. Ek het gehoor hoe word daar van bo gesing: "I love my school." Dit het soos iets vars van Wembley stadion geklink. 


My informant het my igelig dat die woord stilletjies versprei is: “Ons kom na pouse by die Astro se pawiljoen bymekaar. Versprei die woord, maar moenie dat die onderwysers julle hoor nie.”


Die onderwysers het niks vermoedend in die personeelkamer gesit en knibbel aan die oorblyfsels van een of ander funksie (dit is natuurlik al wat onderwysers doen as die leerders hulle nie sien nie). Aan die einde van pouse was daar niemand in hul klasse nie. ‘n Paar onderwysers het vies reaggeer: “Waar is die leerders nou?” Iewers in hul agterkop het ‘n vae herinnering teruggekom van iets wat nie baie in die laaste drie jaar gebeur het nie - MASSABANK!!


Dr. Taylor is ingelig oor die opruiendheid en dat sy iets daaraan moet doen. Sy het aan die voet van die bult na die boonste sportvelde gestaan en seker gedink wat sy met die dogtertjies gaan doen as sy daarbo kom…


Ek het intussen ook al nader gekom aan die aksie, net om te sien hoekom die leerders so sing. Dr. Taylor se aankoms was stadig, maar gesaghebbend. Die leerders het haar gewaar en ‘n wilde gil het losgebars, dit was soos die Rooi See wat oopgemaak het met leerders wat na al kante toe gehardloop het. ‘n Paar leerders het nog bly staan en sing en aan Dr Taylor die mag van Girls High magic gewys.


‘n Mens sou kon sê dat die leerders wat bly staan het, was braaf, want ek weet ook nie of ek ‘n Dr. Taylor wat al die pad by die bult opgestap het, sou aangevat het nie. Tog, reken ek dat dit tog ‘n bietjie lekker was “to stick it to the system”.


Na die dogters hul staan gestaan het, het hulle uit vryewil weer verdaag en na hulle klasse gegaan. By ander skole sou hulle dalk iemand se kar op ‘n dak gesit het, maar by HMS lyk dit my het die leerders genoeg respek om nie die oues van dae nie te veel te martel nie. Hulle wil jou net laat weet: Hulle kan as hulle wil!


Neem deel en gee jou opinie (klik om te voltooi): Opinion Poll


Comments

Popular posts from this blog

Interschools favours the underdog!

  Interschools favours the underdog! Paarl, 27 July 2022 By Courtney Hendriks The u/14D hockey team could not, when they did their routine warm-up, have suspected that the gods would smile on them as they did. But… they could have suspected something special was heading their way when the GHS dancers walked on the Astro to open the days events. Boy! Did they heat up the floor being the symbol of teamwork and synchronization.  Our Grade 8s, reciprocated and made us so proud today! They showed strength and perseverance. One could feel the passion and excitement on the field this afternoon. Those who were not playing were cheering their friends on, loud and proud they sang on the pavilions without any GK to lead them or anyone asking. They did it because they wanted to, not because they had to.  The team played against Paarl Gimnasium's u/14 C team and showed that they truly don't back down from a challenge. They were told to “play together” and they sure did. Within the las...

Why do we fall, Master Bruce?

  Why do we fall, Master Bruce? ‘n Verhaal van teen die planke wees en met mag en mening terug te baklei. “Why do we fall, Master Bruce?” is die vraag wat die dienskneg, Alfred Pennyworth, vir Bruce Wayne (alias Batman) vra as hy vir die soveelste keer val. Dit is ook sekerlik die vraag wat van die o.13A hokkiespelertjies vanaand vra, soos hulle lywe en hul harte seer is.  Vanaand se o.13A hokkie wedstryd was ‘n titaniese stryd. Die eindtelling van 0-5 weerspieël nie die harde werk van die dogters nie. Daar is nie doekies om te draai nie, die span van Gimnasium was ‘n besondere sterk en gedetermineerde span. Hulle het gekom om te wen.  Hulle het egter nie gereken op die hardnekkig weerstand en verdediging wat ons o.13 A-span geopenbaar het nie. Gimnasium se middelveld-spelers het van die begin af druk op ons geplaas. As toeskouer het jy daar gesit en naels gebyt. Het mens dit nie al so baie vantevore in sulke hoё druk wedstryde gesien nie? As sulke gedetermineerde speler...

Don’t act like you forgot the interschools dancers!

  Don’t act like you forgot the interschools dancers! Paarl, 28 July 2022 By Jacqueline Swart Waking up every morning at six to practice, my legs being stiff, and having to exercise more than I have in the past 5 months was definitely a challenge but it was all worth it when I would hear the music start.  When we performed on Wednesday many of the dancers were nervous, not wanting to disappoint our fellow girls’ highers. Their hearts, alongside mine, were beating fast but as soon as the music started our heartbeats fell into the rhythm of the dance beats.  Despite the dance performance being a smaller event than it was at Prestige, the two experiences were tied together with the fact that it was an absolute privilege. A privilege to dance in front of our friends, family, classmates and school. A privilege to be able to run to your friends after you performed. A privilege to be the first group to ever dance at interschools. A privilege to wear the white, blue and jade colo...