Skip to main content

Massabank: Sal jy gly of sal jy bly?

 Massabank: Sal jy gly of sal jy bly?

Ek het ‘n informant op voetsoolvlak gevra oor wat gister bo by die Astro gebeur het. Ek het niks vermoedend na my klas gestap en ‘n klas daar verwag. Ek het gehoor hoe word daar van bo gesing: "I love my school." Dit het soos iets vars van Wembley stadion geklink. 


My informant het my igelig dat die woord stilletjies versprei is: “Ons kom na pouse by die Astro se pawiljoen bymekaar. Versprei die woord, maar moenie dat die onderwysers julle hoor nie.”


Die onderwysers het niks vermoedend in die personeelkamer gesit en knibbel aan die oorblyfsels van een of ander funksie (dit is natuurlik al wat onderwysers doen as die leerders hulle nie sien nie). Aan die einde van pouse was daar niemand in hul klasse nie. ‘n Paar onderwysers het vies reaggeer: “Waar is die leerders nou?” Iewers in hul agterkop het ‘n vae herinnering teruggekom van iets wat nie baie in die laaste drie jaar gebeur het nie - MASSABANK!!


Dr. Taylor is ingelig oor die opruiendheid en dat sy iets daaraan moet doen. Sy het aan die voet van die bult na die boonste sportvelde gestaan en seker gedink wat sy met die dogtertjies gaan doen as sy daarbo kom…


Ek het intussen ook al nader gekom aan die aksie, net om te sien hoekom die leerders so sing. Dr. Taylor se aankoms was stadig, maar gesaghebbend. Die leerders het haar gewaar en ‘n wilde gil het losgebars, dit was soos die Rooi See wat oopgemaak het met leerders wat na al kante toe gehardloop het. ‘n Paar leerders het nog bly staan en sing en aan Dr Taylor die mag van Girls High magic gewys.


‘n Mens sou kon sê dat die leerders wat bly staan het, was braaf, want ek weet ook nie of ek ‘n Dr. Taylor wat al die pad by die bult opgestap het, sou aangevat het nie. Tog, reken ek dat dit tog ‘n bietjie lekker was “to stick it to the system”.


Na die dogters hul staan gestaan het, het hulle uit vryewil weer verdaag en na hulle klasse gegaan. By ander skole sou hulle dalk iemand se kar op ‘n dak gesit het, maar by HMS lyk dit my het die leerders genoeg respek om nie die oues van dae nie te veel te martel nie. Hulle wil jou net laat weet: Hulle kan as hulle wil!


Neem deel en gee jou opinie (klik om te voltooi): Opinion Poll


Comments

Popular posts from this blog

C for Concentration, Courage & Commitment!

  C for Concentration, Courage & Commitment! Paarl, 28 July 2022 By Jacqueline Swart   The u/18C girls hockey match caused many stomachs to turn on the pavilion. Students from both schools came to support their friends with flags, posters, and cheer.  Both teams were strong and challenged each other. Paarl Gim scored the first goal, and had the ball for the most of the first half, but Paarl Girls’ High came back strong in the second half. When the score read 3-1 with only a few minutes left Girls’ High was confident that we would win, but Paarl Gim had strong players who persevered and they scored a second goal.  One minute left. 3-2. Paarl Gim gets an attacking short corner. Everyone is quiet… the audience watch quietly in anticipation… It is the dying moments of the match. Gimnasium pushed the ball out to the castle. A to and fro followed in the circle, finally Girls High managed to pass the ball out of the circle into the dead zone. Time has run out. As i...

Interskole 2022: Herleef en Herinterpreteer

Interskole 2022: Herleef & Herinterpreteer… Die Interskole 2022 week vir Hoër Meisieskool nader die einde. Gister was ‘n heerlike dag wat begin het met ‘n BigBrag, voortgesit is met aksie-belaaide netbal en hokkie en geëindig het met ‘n heerlike ouer bring-en-braai. Aan die einde van hierdie besondere dag wou ek graag iets skryf oor die erfenis van interskole en HMS Paarl se deelname daaraan. Ek wou iets skryf oor hoe ons, ons ryke tradisie laat herleef het. Ek het begin navorsing doen. Ek wou meer weet oor HMS se eerste wedstryde en deelname aan interskole. Ons praat baie van die die ryke tradisie en al die herinneringe, maar oor die algemeen weet ons nie veel daaroor nie. Die resultate wat vassteek is ook net die van die HJS/ Gim wedstryde. As jy terugdink sou jy jouself kon flous dat Interskole slegs tussen HJS en Gimnasium plaasvind. Hierdie idee word versterk deur die media. Soek jy inligting op die internet ongeag jou soekwoorde, is die resultaat eenvormig dat Interskole gaan...

Meet our First Teams

  Meet our First teams By Simone Steyn  The interschools between Girls’ High and Paarl Gimnasium is one of the biggest interschools in the country. The teams perform under unimaginable pressures but yet still come out with victories, this is a direct result of the great leadership the teams have. Our first team netball had a rock solid season so far and is led by Adri Carstens in grade 12. The Hockey team made the school extremely proud with their achievements in the Cape town international tournament, they are led by Zanke Nell in grade 12. Adri says she is excited for when her team jogs on to the court. She knows that if they see all the support from their families and friends, the nerves settle right down. The team has grown tremendously and went through many ups and downs together which ultimately adds to their bond. Our Girls’ High netball team is well prepared because they are physically and mentally well-prepared. Her biggest wish is that at the end of the game the tea...