Om dankbaar te wees: Die Personeel vang gees...
Die tweede dag van die kwartaal en die omsend gaan uit: Dit is "Sop en Sopie"-aand vanaand. Twee jaar, amper drie jaar gelede sou dit een van daardie gebeurtenisse van die sloertoer na interskole gewees het. Ja, deel van die interskole malligheid gewees het, maar vanjaar is die tema herontmoeting, saamwees en dankbaarheid.
Mev. Van Zyl het die geleentheid wat so keurig deur Cara Smit en haar span beplan is, geopen met 'n boodskap van dankbaarheid. Ons as personeellede van Hoër Meisieskool-, Hoër Jongenskool- en Primêre Seunskool Paarl het inderdaad baie om voor dankbaar te wees. Ons kan dankbaar wees oor hierdie geleentheid waar ou vriende in hierdie skole weer kan saamkuier, maar ons kan ook dankbaar wees oor die kans om weer die betekenis van interskole te ontdek. Mnr. Henko Bester het mooi gepraat oor wat die betekenis van interskole vir sy leerders in Primêre Seunskool is - Dit is 'n jol! Vir sy leerders is wen of verloor minder belangrik (dit is belangrik, maar nie die hoofdoel van interskole nie). Hulle wil net die oomblik beleef en hul spanne aanmoedig.
Die boodskappe van dankbaarheid en teenwoordig-wees-in-die-oomblik het ons as personeel diep getref. Ons het die brood en sop geëet en geweet dat die verantwoordelikheid op ons rus om die leerders te lei om, as hulle speel, goeie waardes uit te leef. Dit is ook ons verpligting om hulle te leer om deursettings vermoë te openbaar, hulle kompetisie te eer en opponente te respekteer ongeag wat die telbord sê. Mnr Derek Swart van Hoër Jongenskool het ons met sy boodskap bewus gemaak van die feit, dat daar meer maniere is om te "wen" as om net op die telbord.
Vir onderwysers is die interskole-aanloop beide opwindend en uitdagend. Soms tref die kwartaal jou soos 'n bak yswater in die gesig en is jy reeds agter voor die kwartaal nog begin het. Jy voel die stres van almal se wense en in jou agterkop voel dit asof jou totale wees aan wen gekoppel word en dat verloor nie 'n opsie is nie. Dit is dan wat die bak yswater jou weer tref en jy 'n sug van verligting slaak: Ons is in 'n nuwe era, 'n post-Covid era en ons het die belangrikheid van so 'n kompetisie geleer. Die wenner is nie die een met die hoogste telling nie. Om wenner te wees is om weer te kan kompeteer en by mekaar te kan uitkom.  Miskien iewers in die toekoms raak ons weer voorbarig oor hierdie voorreg en wil ons net al wat leef en beef verpletter met ons durf en vermoë, maar vanaand, vanaand vier ons die geleentheid wat ons beroep ons bied om toe te voeg tot die lewens van ons leerders en ons gemeenskap.
| .jpeg) | 
| Mev. Mariana van Zyl open die verrigtinge | 
| .jpeg) | 
| Mnr. Derek Swart | 
|  | 
| Mnr. Henko Bester | 
|  | 
| Huibreth Beukes, Chester Meyer, Mari van der Merwe | 
|  | 
| Anel Beukes, Inge Scott en Mariëtte Louw | 
|  | 
| Chris Rain, die gaskunstenaar | 
 
Comments