Skip to main content

Om dankbaar te wees: Personeel vang gees ...

Om dankbaar te wees: Die Personeel vang gees...

Die tweede dag van die kwartaal en die omsend gaan uit: Dit is "Sop en Sopie"-aand vanaand. Twee jaar, amper drie jaar gelede sou dit een van daardie gebeurtenisse van die sloertoer na interskole gewees het. Ja, deel van die interskole malligheid gewees het, maar vanjaar is die tema herontmoeting, saamwees en dankbaarheid.

Mev. Van Zyl het die geleentheid wat so keurig deur Cara Smit en haar span beplan is, geopen met 'n boodskap van dankbaarheid. Ons as personeellede van Hoër Meisieskool-, Hoër Jongenskool- en Primêre Seunskool Paarl het inderdaad baie om voor dankbaar te wees. Ons kan dankbaar wees oor hierdie geleentheid waar ou vriende in hierdie skole weer kan saamkuier, maar ons kan ook dankbaar wees oor die kans om weer die betekenis van interskole te ontdek. Mnr. Henko Bester het mooi gepraat oor wat die betekenis van interskole vir sy leerders in Primêre Seunskool is - Dit is 'n jol! Vir sy leerders is wen of verloor minder belangrik (dit is belangrik, maar nie die hoofdoel van interskole nie). Hulle wil net die oomblik beleef en hul spanne aanmoedig.

Die boodskappe van dankbaarheid en teenwoordig-wees-in-die-oomblik het ons as personeel diep getref. Ons het die brood en sop geëet en geweet dat die verantwoordelikheid op ons rus om die leerders te lei om, as hulle speel, goeie waardes uit te leef. Dit is ook ons verpligting om hulle te leer om deursettings vermoë te openbaar, hulle kompetisie te eer en opponente te respekteer ongeag wat die telbord sê. Mnr Derek Swart van Hoër Jongenskool het ons met sy boodskap bewus gemaak van die feit, dat daar meer maniere is om te "wen" as om net op die telbord.

Vir onderwysers is die interskole-aanloop beide opwindend en uitdagend. Soms tref die kwartaal jou soos 'n bak yswater in die gesig en is jy reeds agter voor die kwartaal nog begin het. Jy voel die stres van almal se wense en in jou agterkop voel dit asof jou totale wees aan wen gekoppel word en dat verloor nie 'n opsie is nie. Dit is dan wat die bak yswater jou weer tref en jy 'n sug van verligting slaak: Ons is in 'n nuwe era, 'n post-Covid era en ons het die belangrikheid van so 'n kompetisie geleer. Die wenner is nie die een met die hoogste telling nie. Om wenner te wees is om weer te kan kompeteer en by mekaar te kan uitkom.  Miskien iewers in die toekoms raak ons weer voorbarig oor hierdie voorreg en wil ons net al wat leef en beef verpletter met ons durf en vermoë, maar vanaand, vanaand vier ons die geleentheid wat ons beroep ons bied om toe te voeg tot die lewens van ons leerders en ons gemeenskap.

Mev. Mariana van Zyl open die verrigtinge
Mnr. Derek Swart

Mnr. Henko Bester


Huibreth Beukes, Chester Meyer, Mari van der Merwe

Anel Beukes, Inge Scott en Mariëtte Louw

Chris Rain, die gaskunstenaar


Comments

Popular posts from this blog

C for Concentration, Courage & Commitment!

  C for Concentration, Courage & Commitment! Paarl, 28 July 2022 By Jacqueline Swart   The u/18C girls hockey match caused many stomachs to turn on the pavilion. Students from both schools came to support their friends with flags, posters, and cheer.  Both teams were strong and challenged each other. Paarl Gim scored the first goal, and had the ball for the most of the first half, but Paarl Girls’ High came back strong in the second half. When the score read 3-1 with only a few minutes left Girls’ High was confident that we would win, but Paarl Gim had strong players who persevered and they scored a second goal.  One minute left. 3-2. Paarl Gim gets an attacking short corner. Everyone is quiet… the audience watch quietly in anticipation… It is the dying moments of the match. Gimnasium pushed the ball out to the castle. A to and fro followed in the circle, finally Girls High managed to pass the ball out of the circle into the dead zone. Time has run out. As i...

Interskole 2022: Herleef en Herinterpreteer

Interskole 2022: Herleef & Herinterpreteer… Die Interskole 2022 week vir Hoër Meisieskool nader die einde. Gister was ‘n heerlike dag wat begin het met ‘n BigBrag, voortgesit is met aksie-belaaide netbal en hokkie en geëindig het met ‘n heerlike ouer bring-en-braai. Aan die einde van hierdie besondere dag wou ek graag iets skryf oor die erfenis van interskole en HMS Paarl se deelname daaraan. Ek wou iets skryf oor hoe ons, ons ryke tradisie laat herleef het. Ek het begin navorsing doen. Ek wou meer weet oor HMS se eerste wedstryde en deelname aan interskole. Ons praat baie van die die ryke tradisie en al die herinneringe, maar oor die algemeen weet ons nie veel daaroor nie. Die resultate wat vassteek is ook net die van die HJS/ Gim wedstryde. As jy terugdink sou jy jouself kon flous dat Interskole slegs tussen HJS en Gimnasium plaasvind. Hierdie idee word versterk deur die media. Soek jy inligting op die internet ongeag jou soekwoorde, is die resultaat eenvormig dat Interskole gaan...

Kom ons praat A-spanne.

  Kom ons praat A-spanne. Eerste Spanne (Foto en Kopiereg: EJ Langner) Sport is ‘n duiwel. Die telbord weerspieël nie altyd die passie waarmee daar gespeel is nie. Dit was die geval vir die o.18 A netbal- en hokkiespanne van Hoër Meisieskool en Paarl Gimnasium. Die twee skole se A-spanne het hulle harte op die veld/baan uitgespeel en alles vir hul spanne gegee. Die uitkomste in beide wedstryde was net van so aard dat mens ‘n tree moet teruggee en jou hoed afhaal vir die wenspan en sê: “Sjoe! Dit was nou goed gespeel.” Renezia en Adri in aksie (foto: EJ LANGNER) As ons begin met die o.18A netbalwedstryd (en julle moet verskoon hierdie is kommentaar van ‘n netbal-leek). Die reën het gewyk en ‘n skouspelagtige wedstryd kon gespeel word. In die eerste kwart van die wedstryd was dit ‘n redelike heen-en-weer besigheid met HMS wat ‘n doel inskiet en dan Paarl Gimnasium, maar aan die einde van die eerste kwart het die volgehoue druk van die HMS-span die damwal bietjie laat kraak en gelei t...