Skip to main content

Omgeflip deur die McDonalds Interskole Burgerflip

 


Omgeflip deur die McDonalds Interskole Burgerflip

Ek kom aangery na die McDonalds in Paarl se hoofstraat. “Wat de ongeluk!” dink ek, die tou motors staan amper tot by die stadsaal. Met moeite vind ‘n parkering en stap nader. Dit is ‘n miernes van aktiwiteit. “Mango, mango, die Gimmies doen die tango,” skree die dogters geklee in hul Girls’ High sweetpakke. Die opgewondenheid en gees loop hoog. 

In die restaurant self was daar skaars plek vir ‘n muis en die McDonalds personeel het bont gestaan om bestellings te neem en te gee. 

“Een McDonalds happy-meal coming up!”

Buite die restaurant heers ‘n partytjie. Kinders speel en jaag mekaar. Die onderwysers is ook daar en geniet hul melkskommels so tussen die drukkies van, en geselsies met leerders. 

Ek het gekom om Mev Van Zyl te sien burgers flip, maar ek het iets heel anders gevind. Ek het ‘n gemeenskap gevind wat saamgekom het om vir die eerste keer in ‘n lang ruk weer oor iets opgewonde te wees. Die laerskool gemeenskap van Girls’ High en Boys’ High het op 'n koel aand by McDonalds die toon aangegee en warm gees gevang vir die ongelooflike twee weke wat moet kom. 

Uiteindelik was die McDonalds burgerflip ‘n heerlike aand van lag, gesels en geesvang!



Comments

Popular posts from this blog

C for Concentration, Courage & Commitment!

  C for Concentration, Courage & Commitment! Paarl, 28 July 2022 By Jacqueline Swart   The u/18C girls hockey match caused many stomachs to turn on the pavilion. Students from both schools came to support their friends with flags, posters, and cheer.  Both teams were strong and challenged each other. Paarl Gim scored the first goal, and had the ball for the most of the first half, but Paarl Girls’ High came back strong in the second half. When the score read 3-1 with only a few minutes left Girls’ High was confident that we would win, but Paarl Gim had strong players who persevered and they scored a second goal.  One minute left. 3-2. Paarl Gim gets an attacking short corner. Everyone is quiet… the audience watch quietly in anticipation… It is the dying moments of the match. Gimnasium pushed the ball out to the castle. A to and fro followed in the circle, finally Girls High managed to pass the ball out of the circle into the dead zone. Time has run out. As i...

Interskole 2022: Herleef en Herinterpreteer

Interskole 2022: Herleef & Herinterpreteer… Die Interskole 2022 week vir Hoër Meisieskool nader die einde. Gister was ‘n heerlike dag wat begin het met ‘n BigBrag, voortgesit is met aksie-belaaide netbal en hokkie en geëindig het met ‘n heerlike ouer bring-en-braai. Aan die einde van hierdie besondere dag wou ek graag iets skryf oor die erfenis van interskole en HMS Paarl se deelname daaraan. Ek wou iets skryf oor hoe ons, ons ryke tradisie laat herleef het. Ek het begin navorsing doen. Ek wou meer weet oor HMS se eerste wedstryde en deelname aan interskole. Ons praat baie van die die ryke tradisie en al die herinneringe, maar oor die algemeen weet ons nie veel daaroor nie. Die resultate wat vassteek is ook net die van die HJS/ Gim wedstryde. As jy terugdink sou jy jouself kon flous dat Interskole slegs tussen HJS en Gimnasium plaasvind. Hierdie idee word versterk deur die media. Soek jy inligting op die internet ongeag jou soekwoorde, is die resultaat eenvormig dat Interskole gaan...

Meet our First Teams

  Meet our First teams By Simone Steyn  The interschools between Girls’ High and Paarl Gimnasium is one of the biggest interschools in the country. The teams perform under unimaginable pressures but yet still come out with victories, this is a direct result of the great leadership the teams have. Our first team netball had a rock solid season so far and is led by Adri Carstens in grade 12. The Hockey team made the school extremely proud with their achievements in the Cape town international tournament, they are led by Zanke Nell in grade 12. Adri says she is excited for when her team jogs on to the court. She knows that if they see all the support from their families and friends, the nerves settle right down. The team has grown tremendously and went through many ups and downs together which ultimately adds to their bond. Our Girls’ High netball team is well prepared because they are physically and mentally well-prepared. Her biggest wish is that at the end of the game the tea...