Skip to main content

Liefde vir die spel...

 Liefde van die spel…



Laerskool netbaldae: Dit is oorgroot rompies, groot tekkies, hoё ponies verfraai met linte en hare wat wapper in die wind. Dit is hoë pale en amper onbereikbare hoepels, voetjies wat nie stewig trap nie en maatjies wat droomverlore rondstaan. Dit is jaycies, chips-on-a-stick en Ma … en Pa wat kom kyk. 


Laerskool sportdae is sulke belangrike dae, want dit lê die grondslag vir ‘n gesonde samelewing - ‘n samelewing waarin gemeenskappe saamkom, deelneem, ander hul oorwinnings gun en kompetisie eer. Gister se laerskool netbaldag het dit mooi reggekry.


Ons leerders het heerlik meegeding op die baan en het hul ouers hoor ondersteun in die agtergrond. Die dag het alles gebied van kleintjies wat hulle eerste interskole-wen of -verloor ervaar tot graad 7’s wat hul krete soos regte haka’s voor hul wedstryd opvoer. Die harde werk wat al die spanne ingesit het, het geblyk uit die uitvoering van mooi vooraf-geoefende spelpatrone. Een van die onderwysers het selfs opgemerk dat leerders nie afgesit is deur die groot skares nie, maar dat die skares die genieting van die oomblik verhoog het.


Wat vir my uitgestaan het aan die laerskoolbeen van interskole is dat die twee laerskole HMS en Paarl Gimnasium dit reggekry het om ‘n nuwe gees aan die geleentheid te verleen. Afrigters was uit hul hart uit trots op hul spanne. Spelers het die spel geniet en gefokus op dit wat hul reggedoen het en nie dit wat hul nie reggekry het nie. Die uitkoms van die spel het niemand se waarde bepaal nie, eerder sou mens sê dat hoe hulle gespeel het waarde toegevoeg het tot hul ontwikkeling as spelers van die lewe. Dit was die geval van o.8 tot o.13 A!


Ja, ek herhaal: Laerskool sportdae is sulke belangrike dae, want dit lê die grondslag vir ‘n gesonde samelewing - ‘n samelewing waarin gemeenskappe saamkom, deelneem, ander hul oorwinnings gun en kompetisie eer. Hierdie laerskool netbal interskole het gegaan oor die liefde vir die spel … van die lewe.









Comments

Popular posts from this blog

Interschools favours the underdog!

  Interschools favours the underdog! Paarl, 27 July 2022 By Courtney Hendriks The u/14D hockey team could not, when they did their routine warm-up, have suspected that the gods would smile on them as they did. But… they could have suspected something special was heading their way when the GHS dancers walked on the Astro to open the days events. Boy! Did they heat up the floor being the symbol of teamwork and synchronization.  Our Grade 8s, reciprocated and made us so proud today! They showed strength and perseverance. One could feel the passion and excitement on the field this afternoon. Those who were not playing were cheering their friends on, loud and proud they sang on the pavilions without any GK to lead them or anyone asking. They did it because they wanted to, not because they had to.  The team played against Paarl Gimnasium's u/14 C team and showed that they truly don't back down from a challenge. They were told to “play together” and they sure did. Within the las...

Why do we fall, Master Bruce?

  Why do we fall, Master Bruce? ‘n Verhaal van teen die planke wees en met mag en mening terug te baklei. “Why do we fall, Master Bruce?” is die vraag wat die dienskneg, Alfred Pennyworth, vir Bruce Wayne (alias Batman) vra as hy vir die soveelste keer val. Dit is ook sekerlik die vraag wat van die o.13A hokkiespelertjies vanaand vra, soos hulle lywe en hul harte seer is.  Vanaand se o.13A hokkie wedstryd was ‘n titaniese stryd. Die eindtelling van 0-5 weerspieël nie die harde werk van die dogters nie. Daar is nie doekies om te draai nie, die span van Gimnasium was ‘n besondere sterk en gedetermineerde span. Hulle het gekom om te wen.  Hulle het egter nie gereken op die hardnekkig weerstand en verdediging wat ons o.13 A-span geopenbaar het nie. Gimnasium se middelveld-spelers het van die begin af druk op ons geplaas. As toeskouer het jy daar gesit en naels gebyt. Het mens dit nie al so baie vantevore in sulke hoё druk wedstryde gesien nie? As sulke gedetermineerde speler...

Don’t act like you forgot the interschools dancers!

  Don’t act like you forgot the interschools dancers! Paarl, 28 July 2022 By Jacqueline Swart Waking up every morning at six to practice, my legs being stiff, and having to exercise more than I have in the past 5 months was definitely a challenge but it was all worth it when I would hear the music start.  When we performed on Wednesday many of the dancers were nervous, not wanting to disappoint our fellow girls’ highers. Their hearts, alongside mine, were beating fast but as soon as the music started our heartbeats fell into the rhythm of the dance beats.  Despite the dance performance being a smaller event than it was at Prestige, the two experiences were tied together with the fact that it was an absolute privilege. A privilege to dance in front of our friends, family, classmates and school. A privilege to be able to run to your friends after you performed. A privilege to be the first group to ever dance at interschools. A privilege to wear the white, blue and jade colo...